Groot Pes van Londen

Die dooies word bymekaargemaak om te begrawe tydens die Groot Pes.

Die Groot Pes was ’n epidemie waarin duisende mense tussen 1665 en 1666 in Londen gesterf het. Dit was die laaste groot builepes-epidemie in Engeland. Dit het gebeur in die eeue lange tydperk van die Tweede Pandemie, toe epidemies van builepes van tyd tot tyd uitgebreek het nadat dit in 1331 in China begin het. Dié jaar was die eerste jaar van die Swart Dood, ’n uitbraak wat tot in 1750 geduur en ander vorme soos die pneumoniese pes ingesluit het.[1]

Die Groot Pes het ’n geraamde 100 000 mense – byna ’n kwart van Londen se bevolking – se lewe in 18 maande geëis.[2][3] Dit is veroorsaak deur die bakterie Yersinia pestis,[4] wat gewoonlik oorgedra word deur die byt van ’n besmette rotvlooi.[5]

Die epidemie van 1665 tot '66 was op ’n veel kleiner skaal as die vroeëre Swart Dood-pandemie; dit is agterna as die "Groot Pes" onthou omdat dit die laaste wydverspreide uitbraak van builepes in Londen was tydens die 400 jaar lange tydperk van die Tweede Pandemie.[6][7]

  1. Haensch, Stephanie (2010), "Distinct Clones of Yersinia pestis Caused the Black Death", PLoS Pathogens 6 (10): e1001134, doi:10.1371/journal.ppat.1001134, PMID 20949072 
  2. "The Great Plague of London, 1665". Contagion, Historical Views of Diseases and Epidemics (in Engels). Harvard University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Augustus 2018. Besoek op 2 Maart 2015.
  3. "DNA in London Grave May Help Solve Mysteries of the Great Plague" (in Engels). 8 September 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2018. Besoek op 18 September 2016.
  4. "DNA confirms cause of 1665 London's Great Plague" (in Engels). BBC News. 8 September 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2020. Besoek op 9 September 2016.
  5. "Backgrounder: Plague". AVMA: Public Health (in Engels). American Veterinary Medical Association. 27 November 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2012. Besoek op 3 September 2013.
  6. "Spread of the Plague" (in Engels). Bbc.co.uk. 29 Augustus 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2019. Besoek op 18 Desember 2012.
  7. Ibeji, Mike (10 Maart 2011). "Black Death" (in Engels). BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2009. Besoek op 3 November 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search